Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dodetal in Kaapse bendegeweld styg verder

Die moorde en bloedvergieting in Kaapstad duur voort – en kinders is dikwels die slagoffers.

Dit moet nou end kry, sê Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid.

Hy sê Woensdag in ’n verklaring dat 22 mense sedert die naweek in Kaapstad doodgeskiet is, terwyl drie ander met skerp voorwerpe doodgesteek is. Onder die 22 skietslagoffers is drie mense Dinsdagaand in Leiden, Delft, doodgeskiet.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê ’n groep onbekende mans het kort ná 19:00 op mense op straat begin skiet. Vyf is getref, van wie drie op die toneel dood is.

Volgens Potelwa is die oorledenes ’n 22-jarige vrou en twee mans van onderskeidelik 39 en 28 jaar oud.

’n Meisie van 13 jaar en ’n 33-jarige vrou is ernstig gewond en na ’n hospitaal geneem.

’n Meisie van 13 jaar en ’n 33-jarige vrou is ernstig gewond en na ’n hospitaal geneem.

Speurders van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid ondersoek die voorval.

Fritz sê dié voorval kom kort nadat jong kinders die naweek in Beacon Valley, Mitchells Plain, doodgeskiet is.

In dié stadium lyk dit of albei voorvalle bende-verwant is.

“Ons weet bendelede gebruik kinders om baie van hul dade te verrig. Dit moet end kry. Ons is besig om ons kinders se lewens in gevaar te stel.”

Fritz het ’n beroep gedoen op die polisie om alles in hul vermoëns te doen om die skuldiges aan te keer, en hy het die gemeenskap gevra om inligting aan die polisie te verskaf.

Hy het sy medelye met die slagoffers se families uitgespreek en gesê dit is tyd dat die gemeenskap saamstaan om ’n einde aan dié plaag van bendegeweld te maak.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Geweld  |  Bendes  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.