Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Doeanebeampte vas oor omkoopgeld van R10 000

’n Doeanebeampte is in hegtenis geneem vir bedrog en korrupsie nadat hy glo omkoopgeld van ’n internasionale vliegtuigpassasier geëis het nadat van die passasier se besittings gekonfiskeer is.

Mihlali Majikela, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Dinsdag omstreeks 17:30 op die Kaapstadse Internasionale Lughawe plaasgevind toe die klaer glo op ’n oorsese vlug van Japan in Kaapstad aangekom het.

“ ’n Doeanebeampte het die passasier ingelig dat hy R42 000 se belasting moet betaal vir sekere items wat hy die land wou inbring. Die passasier wou nie dié bedrag betaal nie en die beampte het hom aangesê om R10 000 by ’n kitsbank te onttrek en die bedrag aan hom as omkoopgeld te betaal.”

Majikela sê die 45-jarige beampte het die klaer aangeraai om R2 000 by die lessenaar van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te betaal en dat hy hom die volgende dag met die R10 000 moet kontak. Die klaer het toe die R2 000 by die SAID-lessenaar betaal en is weg met sy goedere.

Die passasier het onmiddellik die polisie ingelig oor die voorval en dat hy die doeanebeampte die volgende dag met die omkoopgeld van R10 000 moet ontmoet.

“Die teenkorrupsie-eenheid het toestemming verkry om ’n lokval te stel en omstreeks 11:30 die volgende oggend het die lede die lokval in ’n koffiewinkel in Worcester gestel, waar die klaer die R10 000 aan die beampte oorhandig het.”

Volgens Majikela is die doeanebeampte in hegtenis geneem en is die geld teruggekry.

Die beampte sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Worcester verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Meer oor:  Doeane  |  Omkoopgeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.