Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dogter, polisie kom op egpaar se lyke af

Die lyke van ’n bejaarde egpaar is Maandagoggend met kopwonde naby ’n bebloede byl in hul huis in Port Elizabeth aangetref.

Die polisie het die lyke van die egpaar, wat in hul 70's geskat word, Maandagoggend in die studeerkamer van hul huis aangetref.

Polisielede op die toneel waar n bejaarde egpaar se lyke in hul huis aangetref is.

Die polisie is steeds op die toneel en die paartjie se lyke is nog nie verwyder nie.

Volgens ao. Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, is die egpaar Saterdagmiddag laas lewend gesien.

Hy sê die egpaar verhuur ’n gedeelte van hul huis aan studente en al die huurders is ongedeerd.

Labans sê ’n nutsman het Maandagoggend vroeg aan die deur van die egpaar se huis geklop, maar niemand het die deur oopmaak nie. Hy het daarna glo die dogter van die egpaar gebel en die polisie ontbied.

Die dogter en die polisie het saam by die huis aangekom en die polisie het saam met die dogter deur die huis beweeg. Hulle het gesien dat die studeerkamer se deur gesluit is.

"Die polisie het die studeerkamer se deur oopgebreek en die paartjie is op die vloer aangetref."

Die polisie het die studeerkamer se deur oopgebreek en die paartjie is op die vloer aangetref.
Die huis in Scottstraat in Port Elizabeth waar die lyke van ’n bejaarde egpaar aangetref is.

Labans sê albei se hande was met kabelbinders vasgemaak. Albei het kopwonde gehad en ’n bebloede byl het naby hulle gelê. Labans sê dit lyk of die byl in die voorval gebruik is.

Kort nadat die egpaar se lyke aangetref is, het hul dogter blykbaar van skok op die toneel inmekaargesak en sy is in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Labans sê verder ook die deur van die kluis in die studeerkamer het oopgestaan en die res van die huis is in ’n warboel gevind.

Dit is tans onduidelik wat presies gesteel is.

Die polisie kon dusver ook nog geen plek vind waar daar toegang tot die huis verkry is nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.