Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dogter verkrag nadat gesin in KZN-plaasaanval beroof is

’n Familie van KwaZulu-Natal is in skok ná ’n gruwelike voorval waarin drie mans hulle op hul plaas beroof en hul tienerdogter verkrag het, het die polisie Dinsdag gesê.

Ter illustrasie.Foto: André Damons

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die polisie soek na drie mans wat ’n familie in Kranskloof, Glendale, noord van Durban, Donderdag aangeval het.

Sy sê die familie was tuis toe die mans met klapmusse en gewapen met ’n mes en koevoet toegeslaan het.

“Die aanvallers het die slagoffers met verlengkoorde vasgebind, gedreig om hulle dood te maak en toe vier selfone en ’n skootrekenaar geneem.”

Daarna het hulle die 19-jarige dogter gedwing om hulle na die Umvoti Plaza toe te neem waar sy beveel is om kontant te trek.

“Hulle het haar toe opdrag gegee om na Tinley Manor te ry, waar twee mans haar verkrag het en beveel het om hulle op die hoek van die R102 en Glendaleweg af te laai, waarna hulle weggehardloop het.”

Mbele sê die polisie ondersoek klagte van roof, verkragting en diefstal.

Sy vra enigiemand met inligting oor die voorval om die polisie te kontak. - News24

Meer oor:  Glendale  |  Kranskloof  |  Noord Van Durban  |  Kwazulu-Natal  |  Plaasaanval  |  Aanval  |  Familie  |  Dogter  |  Beroof  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.