Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dokter vas wat teen 229 km/h jaag

’n Mediese dokter is een van 14 spoedvrate wat oor die naweek vir roekelose bestuur in hegtenis geneem is.

Die dokter is Saterdag vasgetrek nadat hy teen ’n snelheid van 229 km/h gejaag het.

Die Ekurhuleni-metro se eenheid vir hoë spoedhet spoedvrate op die N3 naby Greylaan, die R21 naby Emperors Palace en op die N12 afgetrek.

Kobeli Mokheseng, ’n EMPD-woordvoerder, sê die 32-jarige dokter was nie aan diens toe hy rondom 05:40 Saterdag afgetrek is nie.

Daar was twee passasiers saam met hom in die wit BMW. Sy verskoning was dat hy op pad huis toe was.

Drie motoriste is Vrydag in die Alberton-gebied in hegtenis geneem ná hoë spoedlesings van tussen 143 en 161 km/h in die 120 km/h-sone van die N3-suid, sê Mokheseng.

Twee taxibestuurders in hul dertigs is vasgetrek vir lesings van onderskeidelik 143 km/h en 144 km/h op ’n pad met ’n spoedbeperking van 100 km/h. Hulle het volgehou hulle jaag, want dis spitstyd.

Sondagoggend is nog ses motoriste op die N12 in hegtenis geneem nadat hulle teen ’n spoed van tussen 161 en 181 km/h gery het.

Mokheseng sê laasgenoemde bestuurder het ook gesê hy is op pad huis toe, terwyl die ander se verskonings “kerk”, “werk” of “lughawe” was.

Die motoriste word almal aangekla van roekelose en nalatige bestuur en sal binnekort in die landdroshowe in Palmridge en Boksburg verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.