Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Doonside-moord: Interpol trek man in Uruguay vas

’n Suid-Afrikaner na wie Interpol al jare soek in verband met ’n moord in KwaZulu-Natal, is moontlik verlede Donderdag in Rocha in Uruguay in hegtenis geneem.

’n Interpol-lasbrief met ’n “rooi kennisgewing” is in 2018 vir die 25-jarige Dylan Dean Taljaard se inhegtenisneming uitgereik.

’n Foto van Dylan Dean Taljaard op Interpol se webblad.

Die doel van ’n rooi kennisgewing is om ’n verdagte in enige van Interpol se lidlande op te spoor en hangende uitlewering in hegtenis te neem.

Taljaard word gesoek vir ondervraging in verband met die moord op Shannon Lee Roberts, wie se lyk op 14 November 2014 in ’n bos langs die Doonside-strand in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal gevind is.

Sowel Taljaard as Roberts was ten tyde van die moord 18 jaar oud.

Ao. Rajan Govender, ondersoekbeampte in die saak, kon nie Sondag bevestig dat die man wat Donderdag in hegtenis geneem is, inderdaad Taljaard is nie.

“Ons werk saam met die owerhede in Uruguay en behoort dié week uit te vind of dit Taljaard is. Daar is ooreenkomste as ’n mens na foto’s kyk,” het Govender gesê.

Die koerant Republica berig die polisie het die man Donderdag in die La Pedrera-oord in hegtenis geneem. 

Taljaard reis glo sedert 2016 in die buiteland. Sedert sy vertrek uit Suid-Afrika was hy onder meer in Dubai en hy het op sosiale media ’n foto van hom in Argentinië geplaas. Dit het die vermoede laat ontstaan dat hy moontlik met vervalste identiteitsdokumente reis. Die polisie kon dit egter nog nie bevestig nie.

Meer oor:  Amanzimtoti  |  Interpol  |  Uruguay  |  Arrestasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.