Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drakies-hoof gou ontslaan ná aanval

“Ek is sterk en gaan môre huis toe,” het Greg Brooks (61), uitvoerende hoof van die Drakensberg-seunskool, uit sy hospitaalbed gesê.

Hy is in die Netcare St. Anne-hospitaal in Pietermaritzburg nadat hy Dinsdagaand in ’n kritieke toestand opgeneem is nadat hy 14 keer met ’n bottel gesteek en van sy ribbes gebreek is.

Greg Brooks (61)Foto: Drakensbergse Seunskool

Rowers het hom en sy vrou, Carmen, om 20:30 op die skoolterrein van die Drakensberg-seunskool oorval terwyl hulle TV gekyk het.

Brooks het Vrydagmiddag uit sy hospitaalbed, waar ’n groot klomp mense by hom gekuier het, gesê hy was nie die rowers te wagte nie.

“Ek is ’n groot ou. Ses voet vier. Daardie ouens met die klapmusse oor hul gesigte was nie baie sterk nie en was klein outjies, maar vier van hulle op een slag was ’n bietjie te veel vir my,” het hy gesê.

“Ek moes vreeslik terugveg om my en my vrou se lewens te red.”

Brooks sê hy en sy vrou is gelukkig en dankbaar dat hulle dit oorleef het.

“My vrou is nog ’n bietjie bewerig, maar ons is oukei.”

Carmen en Greg BrooksFoto: Facebook

Hy sê so iets het nog nooit voorheen by die skool gebeur nie. Volgens hom is dit nie mense wat hulle ken nie.

“Die mans wou geld gehad het. Ons het nooit baie geld by ons nie. Ons kon net ’n klein bietjie geld gee. Hulle het juweliersware gevat, asook die kluis met een rewolwer in, en in die VW Polo gevlug.”

Die motor en die juweliersware is intussen teruggevind. Die kluis en die rewolwer is nog weg. “Dit was geregistreer en ons het die nommer vir die polisie gegee,” sê hy.

Volgens Brooks het die skool intussen bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel. “ ’n Nuwe veiligheidsmaatskappy met meer wagte is gehuur en slotte is by my huis aangebring.”

Volgens die polisie se provinsiale mediasentrum in KwaZulu-Natal was niemand nog teen Vrydagmiddag in hegtenis geneem nie.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 bevestig dat die polisie nog na die verdagtes soek, terwyl die VW Polo en ander gesteelde goedere, behalwe die kluis met die wapen, teruggevind kon word.

Meer oor:  Aanval  |  Hospitaal  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.