Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drama by skool toe ontsnaptes oor A-veld koers kies

Terwyl die debat woed oor of skole oop of toe moet wees, het leerlinge en onderwysers van die Hoërskool Swartland op Malmesbury Vrydag iets opwindender gehad om oor te praat.

Leerlinge van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het video’s op sosiale media geplaas wat wys hoe van die ontsnapte gevangenes oor die skool se A-rugbyveld hardloop.

Sowat 15 van die 69 gevangenes wat uit die Maksimum B-gevangenis op die dorp ontsnap het, het oor die skool se A-rugbyveld gehardloop. Die skoolhoof, Justus Schoonraad, het hulle gesien en ’n dringende opdrag oor die interkom uitgeroep.

Een leerling, Jean-Mari Orchard, het as verslaggewer vir die skoolkoerant, Korrels en kaf, geskryf Schoonraad het die personeel en leerlinge beveel: “Sluit al die deure, vensters so vinnig as moontlik en alle kinders moet in die klas bly. Dit is dadelik gedoen. Die personeel het leerlinge probeer kalm hou. Hulle het besef alles is nie pluis nie. Daar was ’n paniekbelaaide atmosfeer in die klaskamers, met selfs ’n paar trane van skok en angs.

“Van die leerlinge het stil geraak, ander het met groot oë rondgekyk en my hart het so geklop dat ek gedink het ek gaan flou val. Party leerlinge het selfs op die vloer gaan sit, ek dink uit vrees dat daar dalk geskiet gaan word,” skryf sy.

“In die klasse, onder die banke en tafels, het die leerlinge op sosiale media gesien hoe vier van die gevangenes oor die A-rugbyveld hardloop om tussen die klaskamers te verdwyn, die polisie agter hulle. Op ander videogrepe kon gesien word hoe die ontsnaptes ook verby Malmesbury Toyota hardloop en in verskillende rigtings spat.”

‘Sluit al die deure en vensters.’

Jean-Mari skryf van die ontsnaptes het in ’n bos agter die skool verdwyn. Die polisie en ’n paar boere van die omgewing het dadelik kom help om die skoolterrein te patrolleer en te verseker dat geen gevangenes dalk daar wegkruip nie en ook dat die personeel en leerlinge veilig is.

“Dit het ook vir ons die versekering verskaf dat ons veilig van klasse kon verwissel.”

Schoonraad het die personeel en leerlinge gister op sosiale media vir hul kalmte bedank. Hy het gesê hy wil met die onderwysowerheid vergader oor die veiligheidsituasie by die skool.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.