Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drankwinkel in Bothasig geplunder

Ure nadat die verbod op alkoholverkope heringestel is, is ’n drankwinkel in Bothasig geplunder.

’n Groot hoeveelheid drank is Maandagoggend uit die OK Liquor Store in die Village Centre gesteel.

“Voorlopige verslae dui daarop dat die winkel se alarm omstreeks 04:35 afgegaan het,” sê brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder.

Volgens die polisie is die winkel se veiligheidshekke afgebreek en ’n venster langs die deur gebreek om toegang tot die winkel te verkry, waarna ’n aansienlike hoeveelheid drank gesteel is.

Die drankwinkel in Bothasig is Maandagoggend geplunder. Foto: Facebook
’n Groot hoeveelheid drank is uit ’n drankwinkel in Bothasig gesteel. Foto: Facebook
Die hekke van die winkel is afgebreek. Foto: Facebook

’n Saak van inbraak en diefstal word ondersoek.

Enigeen met inligting kan sers. Jonathan Kriel by 021 558 3688, die speurder van die Bothasig-polisiekantoor by 079 894 0095 of die Stopmisdaadnommer, 08600 10111, bel.

Pres. Cyril Ramaphosa het die jongste drankverbod Sondagaand aangekondig.

Meer oor:  Bothasig  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.