Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drastiese stappe kom teen geweld op N2
Die N2 bt Somerset-Wes is in alnei rigtings geslui
Betogers versper die N2 by Somerset-Wes vroeër vanjaar. Foto: Jaco Marais

Ná aanvalle op die N2 verlede naweek in die Wes-Kaap gaan patrollies 24 uur per dag gedoen en gemeenskapsveiligheidsforums (GVF) gevestig word om geweld hok te slaan.

Grondhervorming moet ook as langtermynopsie oorweeg word, het Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, Dinsdag op ’n vergadering gesê.

Volgens ’n verklaring het hy met onder andere Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, polisielede, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) en buurtwagte vergader.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid.Foto: Argief

Twee mense is in die jongste aanvalle op die N2 beseer.

’n Vragmotorbestuurder is ook beseer toe ’n petrolbom na sy voertuig gegooi is.

Die N2 is dus tussen Broadlandslaan en Onverwachtstraat en by die Sir Lowryspas gesluit.

Fritz sê verkeersbeamptes, die polisie, metropolisie en veiligheidsmaatskappye patrolleer die pad 24 uur per dag om toesig te hou.

Dit is die korttermynoplossing.

“Op die medium-termyn gaan GVF’s gevestig word wat uit regeringsamptenare, organisasies vir gemeenskapsveiligheid, die GPF en buurtwaglede bestaan,” sê Fritz.

Hy sê GVF’s is suksesvol in Grabouw, Hermanus en Botrivier ingestel.

GVF’s sal verseker dat dié wat aangestel word as eerste respondente en bemiddelaars opgelei word om moontlike onrus en betogings te probeer stop.

’n Vergadering sal Sondag gehou word om die inwerkingstelling van GVF’s in Somerset-Wes en omliggende gebiede te bespreek.

“As ’n langtermynstrategie moet ons die kwessie van grondhervorming krities oorweeg en met Sanral, Asla, die Kaapstad-metro, die Wes-Kaapse en die nasionale regering in verbinding tree,” sê Fritz.

“Beter koördinering en kommunikasie tussen alle sfere, sektore en nywerhede is die sleutel tot die beskerming van ons provinsie.”

Fritz het ook ’n beroep gedoen op die gemeenskap om wetstoepassers by te staan en alle misdaadverwante kwessies by 021 946 1646 aan te meld.

Meer oor:  N2  |  Kaapstad  |  Patrollies  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.