Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drawwer in Worcester op staproete verkrag

’n Vrou is vroeg verlede Saterdag op ’n gewilde staproete in Worcester in die Wes-Kaap verkrag en beroof.

Dié staproete is 4,5 km lank en volg ’n roete om die dam wat by die reservoir naby die Brandwacht-pad begin en eindig.

’n Vrou is vroeg verlede Saterdagoggend by die Foreldam op ’n gewilde Worcester-staproete verkrag. Foto: Meghan Lawrence

Baie stappers, drawwers en fietsryers oefen op dié roete, terwyl gesinne graag by die dam visvang, swem of speel sedert die verbod op oefeninge gelig is.

Die roete is ook sowat 2 km van die gewilde Karootuine in Worcester.

Die polisie in Worcester sê die 47-jarige vrou is vroeg die Saterdagoggend op die staproete verkrag toe sy daar gaan draf het.

“Die man het die vrou in die bosse ingesleep en haar met haar skoenveters vasgemaak,” sê die polisie by navraag.

’n Polisiebron sê die voorval het aan die agterkant van die Foreldam plaasgevind.

Fietsryers, drawwers en stappers oefen op die roete sedert die verbod op oefeninge gelig is. Foto: Meghan Lawrence

Dit blyk dat die man op die roete gewag het.

“Die verdagte het met ’n fiets tot by die roete gekom en hy het weer met sy fiets weggery ná die verkragting. Hy het ’n mes by hom gehad en ’n masker en ’n mus gedra. Hy het die vrou ook van haar selfoon en oorfone beroof.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die roete begin by die reservoir wat 2 km van die Karootuine is. Foto: Google Maps

Meer oor:  Staproete  |  Worcester  |  Wes-Kaap  |  Vroue  |  Verkrag  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.