Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drie aangekeer ná swanger vrou se skietdood

’n Week nadat ’n swanger vrou van Kraaifontein in ’n houthuisie doodgeskiet is, is drie mans deur speurders verbonde aan die bende-eenheid in hegtenis geneem.

Shahieda Nathan (32) was agt maande swanger toe sy verlede Saterdag in die huis in Klipbokstraat, Scottsdene, doodgeskiet is.

Twee mans, onderskeidelik 37 en 29 jaar oud, is ook in die voorval in onder meer hul bene, arms en hand gewond.

Nathan het glo in Impalastraat in Scottsdene gewoon en het by vriende in hul houthuisie gekuier toe skote buite klap. Sy is noodlottig getref.

Mense het gesê die voorval was bendeverwant, en Nathan en die twee gewonde mans was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.

Die ondersoek is deur speurders verbonde aan die bende-eenheid oorgeneem waarna drie mans Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem is.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, het bevestig dat drie mans in hegtenis geneem is en Maandag in die landdroshof in Blue Downs op aanklagte van moord sal verskyn.

Meer oor:  Moord  |  Geweld Teen Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.