
Die toneel in die Centurion Mall waar twee vermeende rowers en ’n veiligheidswag in ’n skietery gewond is.
Twee vermeende rowers en ’n veiligheidswag is Donderdagaand omstreeks 18:15 in ’n oor-en-weer-skietery in die Centurion Mall in Centurion gewond.
Die sentrumbestuur het die voorval in ’n verklaring bevestig.
Die verdagtes is gewond toe hulle ’n winkel in die sentrum wou beroof en veiligheidswagte op hulle geskiet het.
Die veiligheidswag is na ’n hospitaal geneem en die ander twee mans is op die toneel behandel.
Die polisie was Donderdagaand laat nog op die toneel besig.
Volgens plasings op sosiale media was die rooftog by ’n klerewinkel in die sentrum.