Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drie in Suid-Kaap vas oor drank

Drie mense is in die Suid-Kaap in hegtenis geneem weens oortredings van die Wet op Rampbestuur wat met die verspreiding en vervoer van drank verband hou nadat die polisie inligting hieroor ontvang het.

In een voorval was lede van die Eden-kluster-misdaadbestrydingspan Vrydag besig met ’n operasie in Knysna se sentrale sakekern toe inligting ontvang is oor ’n Toyota Hilux-bakkie met kentekens van ’n onderneming daarop wat drank glo aflewer nadat bestellings op sosiale media geplaas is.

Die bakkie is later by Hedgestraat gesien en deur die polisie voorgekeer.

Van die drank wat in Knysna gevind is. Foto: Verskaf
Die bottels wodka en whiskey wat in George gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie het die bakkie deurgesoek en ’n paar bottels drank daarin gevind. Die 48-jarige bestuurder is in hegtenis geneem.

Die polisie is toe na die man se woning, asook ’n stoor in die nywerheidsgebied, waar nog drank gevind is. Beslag is gelê op drank ter waarde van sowat R17 000.

Luidens ’n polisieverklaring staar aanklagte van die vervoer en verkoop van drank sonder ’n lisensie die man in die gesig.

In nog ’n voorval het die polisie Saterdagaand ’n operasie van stapel gestuur in Knysnastraat in Lavalia, George, nadat inligting ontvang is oor die verkoop van drank. Die polisie het beslag gelê op tien bottels drank (whiskey en wodka) wat by twee mans van onderskeidelik 22 en 24 jaar oud in ’n motor gevind is. Hulle is in hegtenis geneem op aanklagte van die verkoop van drank sonder ’n lisensie, asook die vervoer van drank.

Al drie mans sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie waarsku mense dat die verkoop en vervoer van drank kragtens huidige inperkingsmaatreëls verbode is.

Meer oor:  Suid-Kaap  |  Drankverbod  |  Drankverkope  |  Drank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.