Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drie nog gesoek ná sewe uit Volksrust-selle ontsnap

Vier verdagtes se vryheid was van korte duur toe hulle Sondag, kort nadat hulle en nog drie ander uit die Volksrust-polisie in Mpumalanga se aanhoudingselle ontsnap het, vasgetrek is.

Die ander verdagtes is nog soek en die polisie versoek die gemeenskap, insluitende die verdagtes se familielede, om te help met inligting wat tot hul herarrestasies sal lei.

Luidens ’n verklaring van die Mpumalanga-polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, is die sewe verdagtes wat ontsnap het vroeër gearresteer op verskeie aanklagte, insluitende roof, verkragting, die besit van dwelms, huisbraak en diefstal, sowel as oortreding van die immigrasiewet.

“Die omstandighede rakende hul ontvlugting word ondersoek en die verdagtes sal nou ook van ontsnapping aangekla word,” sê Hlathi.

Terwyl Nkosingiphile Zwane (34), Siyabonga Mbatha (19), Phumlani Khanyi (27) en Thando Mavimbela (18) reeds voor die einde van Sondag met die hulp van die publiek vasgetrek is, waarvoor die polisie hul dank uitspreek, duur die soektog na Mduduzi Khumalo (27), Paul Sambo (19) en Bongani Sithole (30) voort.

• Mense met inligting oor die voortvlugtende drie verdagtes kan speur-kapt. Dambuza Shikwambana by 082 579 0167 bel of die Stopmisdaadnommer 08600 10111 skakel.

Mduduzi Khumalo
Mduduzi Khumalo (27) is een van die gesoekte ontsnaptes. Foto: Verskaf
Bongani Sithole (30) is een van die aangehoudenes wat Sondag ontsnap het en steeds weg is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Mpumalanga  |  Ontsnapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.