Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drie vas ná skote by winkelsentrum klap

Drie mans is Vrydag by die Eastgate-winkelsentrum in Bedfordview, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hulle op die polisie losgebrand het.

“ ’n Skietgeveg het omstreeks 13:00 uitgebreek tussen lede van die Johannesburgse blitspatrollie en drie gewapende mans wat vroeër die dag probeer het om ’n winkel aan die Oos-Rand te beroof,” het kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng, gesê.

Volgens Makhubela het die polisielede die verdagtes in ’n Ford Fiesta in Bedfordview gewaar en agternagesit.

“Die polisie was op die uitkyk vir die verdagtes wat ná die mislukte rooftog op die vlug geslaan het. Hulle het by die Eastgate-sentrum se parkeerterrein ingery en op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en die drie verdagtes vasgekeer en in hegtenis geneem. Beslag is gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens. Niemand is beseer nie.

“Die drie sal Dinsdag op klagte van poging tot gewapende roof in die hof verskyn.”

Meer oor:  Bedfordview  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.