Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drie vas ná wrede aanval op egpaar

’n Plaasvrou van Reivilo in Noordwes het Saterdagoggend met toegeswelde oë ’n kilometer ver gehardloop om hulp te kry ná ’n wrede aanval op haar en haar man.

Lana Coetzee is Saterdagoggend in haar en haar man, Schalk, se plaashuis buite Reivilo in Noordwes deur aanvallers oorval en aangerand.

Lana Coetzee (63) is om 08:10 in haar plaashuis oorval kort nadat drie aanvallers haar man, Schalk (64), buite by sy waterpomp oorrompel het. Hy is met klippe, sinkplate en ’n veekrip vasgepak, waarna die aanvallers in die huis is.

Hulle het Lana vasgekeer, aangerand en vasgebind. Haar neus is gebreek en haar wangbeen gekraak.

Marius Müller, nasionale veiligheids­koördineerder van Afriforum, sê daarna is hulle terug buitentoe, het die oom gaan haal en hom in die huis gesleep. Hulle het hom toe vasgebind in die stort geprop.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê die rowers is weg met die egpaar se silwer Nissan X-Trail, ’n vuurwapen en bankkaarte.

Piet Coetzee (73), Schalk se broer en hul buurman, sê Lana, wat ook vasgebind was, het haarself losgewikkel nadat die aanvallers die toneel verlaat het. Sy het na ’n buurplaas gehardloop.

Kol. Adelé Myburgh, polisiewoordvoerder, sê een van die Coetzees se ander bure het by die polisiekantoor aangekom met die boodskap dat daar moeilikheid op die plaas was. Die polisie moes op die plaas oor hekke klim om by die huis uit te kom.

Heyns sê die samewerking tussen die gemeenskap en die polisie was uitstekend.

Lede van die polisiekantore in Reivilo, Schweizer-Reneke en Bloemhof – en boere van die gemeenskap het saamgespan om die aanvallers aan te keer.

André Pienaar, ’n lid van boereveiligheidsgroepe in die omgewing, sê Whats­Apps oor die voorval het om 09:00 op groepe begin inkom.

Sowat 45 minute later het mense die Coetzees se silwer X-Trail deur Bloemhof in die rigting van Schweizer-Reneke sien jaag.

Volgens Corné Heyns, voorsitter van die gemeenskapsveiligheidseenheid van Reivilo, het hulle buite Schweizer-Reneke deur ’n padblokkade gejaag.

Kort daarna het die rowers die X-Trail op ’n grondpad agtergelaat en te voet gevlug, sê Cameron.

“Ons en verskeie ander mense het hommeltuie in die lug gehad om na die verdagtes te soek.”

’n Helikopter, wat toe ook reeds in die lug was om te help soek, het die mans gesien.

Pienaar sê die verdagtes het by ’n wildskamp in gevlug, waar hulle vasgetrek is. Sowat 50 boere was deel van die groep wat na die mans gesoek het.

Al drie verdagtes is gearresteer. Een is in die hospitaal opgeneem. Besonderhede oor sy beserings is nie bekend nie.

Heyns sê die samewerking tussen die gemeenskap en die polisie was uitstekend.

Meer oor:  Ian Cameron  |  Lana Coetzee  |  Schalk Coetzee  |  Noordwes  |  Reivilo  |  Afriforum  |  Aanranding  |  Plaasaanval  |  Solidariteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.