Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dronk bestuurders bots met die gereg

Bestuurders onder die invloed, onwettige straatwedrenne, en ’n tiener sonder ’n lisensie het daartoe gelei dat verkeersbeamptes van die Kaapse metro die naweek behoorlik bontgestaan het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sosiale ontwikkeling, het gesê oortreders kan daarvan seker wees dat verkeersbeamptes in die metro ál hoe strenger gaan optree.

Dit volg nadat 14 verdagtes Saterdag in ’n straatwedren in die Athlone- en Mitchells Plain-gebied aangekeer is. Agt het onder die invloed en ses het nalatig bestuur.

Een verdagte wat onder die invloed bestuur het, het in ’n straatlig, ’n versperring, én ’n spoedkamera vasgejaag voordat dit tot stilstand gekom het.

“Een verdagte wat onder die invloed bestuur het, het in ’n straatlig, ’n versperring, én ’n spoedkamera vasgejaag voordat dit tot stilstand gekom het.

“Beamptes het ook 622 boetes vir ander oortredings uitgereik,” lui ’n verklaring wat die Kaapse metro Maandag uitgereik het.

’n Minibus wat Sondagaand in ’n hoë-spoed straatwedren van Otto du Plessis-laan tot die hoek van Omarumba- en Freedom-weg deelgeneem het, het in ’n ander voertuig vasgejaag.

Die 18-jarige bestuurder van die minibus is daarvan aangekla dat hy versuim het om by die ongelukstoneel stil te hou en dat hy ’n ongelisensieerde bestuurder is.

Die Dronkbestuur-bewustheid-eenheid het verskeie padblokkades opgestel en 32 verdagtes, waarvan 28 onder die invloed bestuur het, in hegtenis geneem. Vier van die 28 het uitstaande lasbriewe.

Die eenheid het volgens die verklaring ook 371 boetes vir ander oortredings uitgereik.

Dieselfde aand het die Ghost Squad na klagtes in en om die Plattekloof-gebied omgesien en op spoed- en stopstraat-oortredings gefokus.

43 stopstraatoortredings is die Welgelegen-gebied aangeteken en twee ander bestuurders is vir nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Nog ’n straatwedren het hom om 22:30 tussen Link-weg en Montague Tuine afgespeel toe 100 mense en 40 voertuie byeengekom het om aan ’n onwettige straatwedren deel te neem.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Bestuurders  |  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.