Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Dronk oom’ vas wat niggie by skool gaan aflaai

’n Man (34), wat na bewering vyf keer oor die wettige alkoholperk was, is Donderdagoggend in hegtenis geneem terwyl hy sy niggie by die skool afgelaai het.

Volgens die Gautengse verkeerspolisie was die man omstreeks 08:15 deur lede van die Gautengse verkeerspolisie in Modderfontein aan die Oos-Rand voorgekeer toe hy in ’n motorvoertuig op pad was om sy niggie by die skool af te laai.

“Die asemtoetser het gewys sy bloedalkoholvlak was 1.39 mg, terwyl die wetlike perk 0.24 mg per 1 000 ml is.”

Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het aan News24 bevestig die man is in hegtenis geneem op aanklagte van beweerde dronkbestuur en is na die polisiekantoor in Sandringham geneem.

“Dronkbestuur is een van die grootste bydraende faktore in padsterftes in die provinsie en wetstoepassers sal voortgaan om toe te slaan op diegene wat die reëls verontagsaam,” het Morwane gesê.

Die twiet deur die Gautengse verkeerspolisie.

Meer oor:  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.