Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dronkbestuur grootste oortreding in Jhb.

Die metropolisiedepartement in Johannesburg (JMPD) het Dinsdag hul maandelikse misdaadstatistieke bekend gestel, wat die sukses van Operasie Buya Mthetho en ander polisiëring uiteensit.

“Die grootse oortreding is die bestuur van ’n motorvoertuig onder die invloed van alkohol,” het sers. Tessa Adams, metropolisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Net in November het die metropolisie meer as 800 mense weens dronkbestuur in hegtenis geneem. Sulke gedrag kan nie ongestraf gelaat word nie omdat dit dan na roekelose bestuur oorgaan wat onskuldige mense se lewens in gevaar stel,” het Adams gesê.

Om onder die invloed van alkohol te bestuur, die besit van ’n gesteelde voertuig en die besit of handel in dwelmmiddels is die drie grootste misdade in die groter Johannesburgse gebied.

Volgens Adams het die metropolisie in November oor die 500 operasies van stapel gestuur waartydens 100 mense op verskillende aanklagte in hegtenis geneem is.

Dié inhegtenisnemings sluit in 50 mense wat weens alkoholmisbruik in ’n openbaar aangekeer is. ’n Totaal van 22 motorvoertuie is onpadwaardig verklaar terwyl klopjagte op 28 geboue uitgevoer is wat onwettig bewoon word. Tydens dié klopjagte is 40 mense sonder die wetlike dokumente in hegtenis geneem.

Die metropolisie het ook 121 gesteelde of gekaapte motorvoertuie en 16 gesteelde vuurwapens teruggevind. “In November is daar 166 000 kennisgewings weens verkeersoortredings aan mense uitgestuur. Die JMPD het ook in samewerking met die polisie op vervalste goedere ter waarde van R78 miljoen beslag gelê,” het Adams gesê.

Inwoners van Johannesburg word aangeraai om die volgende nommers te skakel:

* Antikorrupsie-kontaknommer: 0800 203 712

* JMPD-0noodnommer: 011 375 5911 of 011 758 9620

* Onwettige storting: 082 779 1361 (stuur ’n WhatsApp of sms met duidelike foto’s)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.