Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dronkbestuurder gooi draaie, tref polisiekantoor

Gewoonlik moet die polisie gaan soek vir mense wat dronk bestuur, maar dié keer het die dronkbestuurder na die polisiekantoor toe gekom.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, sê ’n man van Lyttelton Manor in Centurion is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy met sy Land Rover-sportnutsvoertuig in die plaaslike polisiekantoor ingeploeg het. Hy was onder die invloed van alkohol.

’n Dronkbestuurder is Donderdag by die Lyttelton-polisiekantoor in Centurion in hegtenis geneem toe hy met sy sportnutsvoertuig in die polisie se kantore ingeploeg het. Foto: Verskaf

Weilbach sê die man het vermoedelik sy bewussyn verloor met sy voet op die brandstofpedaal.

“Hy het om 17:14 in die hek by sy huis vasgery in Langebrinkweg agter die Lyttelton-polisiekantoor.”

Dit was egter nie die einde nie.

“Die voertuig het momentum opgetel en deur die grensmuur van die buurman se erf geploeg en dwarsdeur die buurman se agterste muur ook,” sê Weilbach.

Die man het min wetend oor die besige Cliftonlaan gery, maar wonderbaarlik geen ander motors getref nie.

Hy het deur die Lyttelton-polisiekantoor se heining gery en in die speurders se kantore ingeploeg.

“Gelukkig was niemand in die kantore nie en niemand is beseer nie. Die bestuurder het ook geen beserings opgedoen nie.”

Weilbach sê daar is egter groot skade aan die kantore aangerig en dossiere moes verwyder word en op ’n veilige plek gestoor word.

“Sommige van die kantore is sonder krag omdat die kragboks ook getref is.”

Sy sê die man is in hegtenis geneem vir dronkbestuur en hy sal binnekort in ’n plaaslike hof verskyn.

Meer oor:  Centurion  |  Polisiekantoor  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.