Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dronkbestuurder wat hol, kry sommer pak slae ook

’n Dronkbestuurder wat van die metropolisie probeer wegkom het, het hom toe vasgeloop in groter probleme toe hy eers beseer is en toe ’n pak slae gekry het.

Hy het oor ’n muur met ysterpenne in probeer klim en is beseer. In die proses het die eienaar van die huis hom ook met ’n sambok bygekom omdat hy vir ’n inbreker aangesien is.

Toe die metropolisie die 27-jarige man Sondag voorkeer, het hy probeer weghardloop en dit is toe dat hy ’n pak slae gekry het, sê die Kaapstadse metroraad in ’n verklaring.

’n Lid van die metropolisie het tussenbeide getree en die man is hospitaal toe gebring waar hy sewe steke gekry het.

“Dit is nie die eerste keer dat iemand vir ons probeer weghardloop nie, maar dit is beslis die eerste keer dat iemand so seer kry,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, gesê.

Dit is nie die eerste keer dat iemand vir ons probeer weghardloop nie, maar dit is beslis die eerste keer dat iemand so seer kry.
JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit

Die man moet nog in die hof verskyn.

Volgens Smith sou dit net ’n doodgewone klag van dronkbestuur wees, maar nou word ’n klag dat hy van die reg gevlug het, bygevoeg. As die huiseienaar sou wou, kan hy ook ’n saak teen die man aanhangig maak weens betreding.

Dié man is een van 11 wat weens dronkbestuur in hegtenis geneem is. Die hoogste bloedalkoholvlak was 2.0 mg/L, wat agt keer meer as die wettige limiet is.

Nog ’n bestuurder is in dieselfde klopjag in hegtenis geneem omdat hy glo onder die invloed van dwelms was en ook vir beweerde dwelmhandel.

In Kaapstad is daar 53 bestuurders vir dronkbestuur in hegtenis geneem, 35 van hulle in Wynberg en Claremont in die suidelike voorstede.

Verder is beslag gelê op 60 minibustaxi’s en 43 sedan-taxi’s en die voertuie is geskut weens verskeie oortredings, volgens Smith.

Metro-beamptes was ook besig op die N2 toe hulle 28 bestuurders moes help nadat hulle vasgesit het. Hulle het ook op verskeie klagtes gereageer oor vee wat naby die snelweg loop.

“Ons het al verskeie voorvalle gesien waar vee betrokke is. Dit is iets wat ons met Sanral en die provinsiale regering moet uitklaar. Die munisipaliteit doen sy bes om die snelweë te patrolleer, maar behoorlike heinings is eintlik die enigste oplossing.

“Dit sal ook keer dat misdadigers toegang tot die snelweë kry omdat daar nie heinings is nie.”

Meer oor:  Inbreker  |  Jp Smith  |  Kaapstad  |  Metropolisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.