Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Drywer (50) erg beseer in petrolbom-aanval by Touwsrivier

’n Vragmotorbestuurder in die Wes-Kaap is Sondagoggend met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem nadat sy vragmotor glo met ’n petrolbom bestook is.

’n Vragmotor is vroeg Sondagoggend aan die brand gesteek en die bestuurder ernstig beseer nadat hy met ’n petrolbom op die N1 buite Touwsrivier in die Wes-Kaap gegooi is. Foto: ER24

Reddingswerkers is om 01:00 ontbied na die N1 sowat 10 km buite Touwsrivier, waar die vragmotor aan die brand was en die 50-jarige man ’n entjie verder gevind is.

Die polisie het intussen bevestig dat ’n saak van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging ondersoek word.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die bestuurder het ernstige brandwonde en moontlik ’n enkelbesering opgedoen.

“Hy het aan die paramedici verduidelik dat hy en sy vrou se swaer hul vragmotors aan die kant van die pad afgetrek het om te rus. Terwyl hy geslaap het, is ’n petrolbom deur een van die vensters gegooi.”

Die bestuurder het glo uit die voertuig gespring en is deur ’n groep mans agternagesit wat hom na bewering met nog ’n petrolbom gegooi het.

Hy is na die Mediclinic Worcester vir behandeling geneem. Die ander bestuurder se vragmotor is ook beskadig, maar hy is ongedeerd.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het teen 10:00 gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Werner Vermaak  |  Touwsrivier  |  Wes-Kaap  |  Plundery  |  Brand  |  Petrolbom  |  Vragmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.