Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dubbele moord van ouerpaar in ‘paradys’ skok buurt

Die dubbele moord op ’n ouerpaar in hul spoghuis naby Pretoria is die eerste ernstige misdaadvoorval in dié landgoed, die Fly Inn, die afgelope 25 jaar.

Janique en Wayne Giles.

Wayne (57) en Janique Giles (56) is Dinsdagoggend vroeg doodgeskiet en hul dogter, Rachel (20), gewond. Hul seun, Brandon (28), is ongedeerd.

“Ons leef in die paradys. Kinders ry met hul fietse in die straat op en af. Ons het nog nooit ’n voorval hier gehad nie,” sê ’n inwoner wat gevra het om anoniem te bly.

Die Giles-gesin is voor 06:00 in hul dubbelverdiepinghuis aangeval. Wayne was reeds aangetrek en is in die sitkamer op die onderste verdieping in die bolyf geskiet.

Janique was nog in haar slaapklere toe sy aan die bopunt van die trappe deur haar linkerlong, net onder die hart, geskiet is.

‘Ons het nog nooit ’n voorval hier gehad nie.’

Elize Jacobs, ’n afgetrede waaksaalverpleegster, dr. Frans de Wet, ’n narkotiseur wat op die landgoed woon, en sy vrou, Susan, het Janique probeer help, maar sy is op die toneel dood.

Rachel is ’n entjie agter haar ma in die gang aangetref met ’n skietwond in haar bobeen.

Rachel en Brandon het op die landgoed se WhatsApp-groep hulp ontbied. Om 05:43 het Brandon geskryf: “Help !!! Gunfire. Security needed.” ’n Minuut later skryf Rachel: “Helppp.”

Rachel is per helikopter na ’n hospitaal geneem waar sy kort ná haar aankoms geopereer is.

Brandon slaap glo in ’n ander deel van die huis. Rapport verneem ’n prokureur vir wie Brandon in kennis gestel het, het ’n halfuur ná die voorval op die toneel aangekom om hom by te staan.

Brandon en sy suster, Rachel.

Brig. Mathapelo Peters, ’n polisiewoordvoerder, sê Brandon het wakker geskrik van skote, waarna hy op sy gesin afgekom het.

Volgens Peters word klagte van moord en huisroof ondersoek. Items wat uit die huis vermis word, sluit in ’n TV-stel, twee MacBooks en ’n skootrekenaar.

Fly Inn is ’n private landgoed vir vlieëniers en het sy eie aanloopbaan. Toegang word beperk tot inwoners en genooide gaste.

Wayne was ’n industriële verkoelingsingenieur wat yskaste vir groot ondernemings gemaak het. Janique het kantoorwerk vir die onderneming behartig. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Janique Giles  |  Roof  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.