Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dubbelmoord in Uitenhage ondersoek

Die polisie in Kamesh, Uitenhage, ondersoek ’n dubbelmoord ná twee mans Saterdagaand in Kingfisherstraat, Rosedale, doodgeskiet is.

Die twee mans, onderskeidelik 23 en 24 jaar oud, het na bewering ’n huis in Kingfisherstraat verlaat toe daar op hulle losgebrand is.

Albei slagoffers is deur die bolyf geskiet en is op die toneel dood.

Die motief vir die moorde is nog onbekend en die name van die slagoffers sal bekend gemaak word sodra albei formeel uitgeken is deur hul families.

Die polisie in die gebied vra die publiek om enige inligting in verband met die moorde aan beamptes by die polisiekantoor in Kamesh oor te dra, by 041 988 8718, 10111 of die Stop Misdaad-lyn by 08600 1011.

Meer oor:  Uitenhage  |  Doodgeskiet  |  Dubbelmoord  |  Moord  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.