Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dubbelmoord: Name van vermoorde paartjie bekend
Rosalie Bloch (85) en haar lewensmaat, Aubrey Jackson (95), is Saterdagoggend dood in hul huis in Kaapstad gevind. Foto: Facebook

Die paartjie wie se lyke Saterdagoggend in hul huis in Mowbray in Kaapstad gevind is, is vermoedelik reeds tussen Donderdag en Vrydag vermoor.

Shaun Bloch het Saterdag omstreeks 08:30 op sy ma, Rosalie Bloch (85), en haar lewensmaat, Aubrey Jackson (95), se lyke afgekom.

Volgens hom is sy ma met ’n kussing versmoor en het sy voor in die huis gelê. Jackson het in die agterste deel van die huis gelê.

Daar is by ’n venster agter die huis ingebreek, sê Bloch.

Bloch se broer is dr. Graeme Bloch, ’n onderwyskenner, wat met Cheryl Carolus, ANC-veteraan en gewese voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), getroud is.
ANC betoon medelye

Die ANC het sy skok en hartseer uitgespreek oor die “wrede, gevoellose en koelbloedige moord” op die “weerlose en bejaarde” Rosalie Bloch en haar lewensmaat, Aubrey Jackson. 

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het in ’n verklaring gesê hulle veroordeel die lafhartige daad, het News24 berig. 

“Dit is ontmoedigend om te verneem dat daar nog steeds mense in ons midde is wat vasbeslote is om ander mense se reg op lewe te vertrap,” sê Mabe. 

Hy het die ANC se medelye uitgespreek teenoor Bloch se seun, dr. Graeme Bloch; sy vrou, Cheryl Carolus, ANC-veteraan en aktivis; en die res van die Bloch-familie. – André Damons

“Ek het vanoggend (Saterdagoggend) op hul lyke afgekom toe ek by hulle gaan kuier het. Ek het ’n sleutel en was baie geskok toe ek Ma se lyk voor in die huis sien. (Jackson) het agter in die huis gelê.

“Ons is nie seker wanneer hulle vermoor is nie. Dit kan moontlik Donderdag- of Vrydagmiddag al gewees het,” het Bloch gesê.

Volgens hom het die aanvallers die huis omgekrap op soek na waardevolle artikels om te steel.

Die familie is na aan mekaar en is baie hartseer oor die moorde, sê Bloch. Hy wou nie meer uitwei oor die voorval nie en het gesê die familie sal later vergader en ’n verklaring uitreik. Hulle sal ook oor begrafnisreëlings praat.

Lance Bloch, ’n bekende kliniese sielkundige van Johannesburg en nog een van die ses Bloch-broers, het onder ’n Facebook-vriend se inskrywing geantwoord: “Ons ma Rosalie Bloch en haar gemeenregtelike man van sowat 30 jaar, Aubrey Jackson. Ek voel steeds dood (“numb”) en geskok.”

Bloch se broer is dr. Graeme Bloch, ’n onderwyskenner, wat met Cheryl Carolus, ANC-veteraan en gewese voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), getroud is.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê die moorde is uitgevoer tydens ’n huisroof waarin Rosalie en Jackson vasgebind is.

Die polisie ondersoek ’n dubbele moordsaak sowel as ’n klag van huisbraak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Cheryl Carolus  |  Graeme Bloch  |  Mowbray  |  Moord  |  Egpaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.