Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Durban: Pendelaars val treindrywer aan wat nie wil stop

’n Metrorail-treindrywer van Durban ontvang berading nadat pendelaars haar Dinsdagoggend met klippe bestook het.

Zama Nomnganga, Prasa-woordvoerder, sê Nonhlanhla Dlamini (38) is Dinsdagoggend omstreeks 07:35 deur pendelaars aangeval.

Die trein was van Durban onderweg na Stanger. Die pendelaars het daarop aangedring dat Dlamini die trein stop.

Dlamini kon nie self met die media praat nie, maar het haar weergawe van die voorval aan haar vakbond, die United National Transport Union (Untu), meegedeel. Untu het dit in ’n verklaring bekend gemaak.

Die ma van drie sê sy het vir haar lewe gevrees.

“Dit is nie toelaatbaar (om die trein te stop) nie en sou pendelaars en die treinpersoneel in gevaar gestel het. Ek het by die Briardene-stasie gestop, waar ek moes stop. Die pendelaars was woedend. Hulle het die kajuit omring en my met klippe bestook. Ek het in die kajuit probeer wegkruip,” het sy luidens die verklaring gesê.

Die pendelaars het glo gedreig om Dlamini dood te maak.

“Dit is erg. Ek is ’n ma van drie. Ek was lief vir my werk, maar dit het so gevaarlik geword dat ek nie weet of ek dit lewend huis toe sal maak om my kinders weer te sien nie,” lui die verklaring verder. Dlamini het kopbeserings opgedoen en is ná die voorval na ’n hospitaal geneem vir behandeling.

Steve Harris, hoofsekretaris van Untu, skryf in die verklaring geen werkgewer kan werknemers dwing om onder hierdie omstandighede te werk nie.

“Werknemers is Prasa se belangrikste bate, want sonder hulle sal Prasa hoegenaamd geen diens kan lewer nie. As mense is ons almal geregtig op ’n veilige en gesonde werkomgewing. Die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid is in 1993 deur die parlement aanvaar as ’n proaktiewe poging deur die regering om ’n veilige en gesonde werkomgewing aan almal te bied,” sê Harris.

Nomnganga sê niemand is al in hegtenis geneem nie en die voorval word steeds ondersoek.

Meer oor:  Metrorail
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.