Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Durbanse gyseldrama: Man van intimidasie aangekla

’n Gewapende man wat glo ook ’n ploftoestel by hom gehad het, is Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy ’n onbekende aantal mense in ’n gebou in die Durbanse middestad as gyselaars aangehou het.

Die polisie en paramedici is omstreeks 14:30 na die Salmon Grove Chambers-gebou in Anton Lembedestraat ontbied.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het net ná 16:00 aan Netwerk24 bevestig die man is in hegtenis geneem nadat die polisie met hom onderhandel het. “Niemand is beseer nie. ’n Klag van intimidasie word ondersoek,” sê sy.

Die man is na bewering ’n afgetrede lid van die veiligheidsdiens by die kantoor van die pensioenfonds vir staatsamptenare. Hy het glo na die gebou gegaan en geëis dat die bestuurder sy pensioen aan hom betaal.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê die polisie se spesiale taakspan en die plofstofeenheid is ook na die toneel ontbied.

“Ek prys die polisie dat hulle die situasie taamlik vinnig ontlont het,” sê Van Reenen. “Dit kon lelik gewees het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.