Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Durbanse polisiekantoor ontruim ná 3de bomdreigement

Die Phoenix-polisiekantoor in Durban moes Donderdagmiddag ontruim word weens ’n bomdreigement.

Die is die derde dreigement in die stad op dieselfde dag. Die voorval het omstreeks 16:00 plaasgevind.

Vroeër is die Cornubia-winkelsentrum ontruim.

Die tweede dreigement was by die Commercial City-gebou, waar aangedui is dat die bom in ’n badkamer is. Die bomeenheid het die gebou deursoek en bevind dat dit ’n vals dreigement was.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê dit is vermoedelik dieselfde verdagtes wat die dreigemente oor bomme by die drie geboue gemaak het.

“Dit is ’n misdadige element en hulle sal in hegtenis geneem word. Ons ondersoek al die voorvalle.”

Hy sê al was die vorige twee vals dreigemente, moes die polisiekantoor ontruim word nadat iemand gebel het om te sê dat daar ’n bom is.

“Dit is mense wat voordeel put uit wat in die provinsie aan die gang is.”

Mulaudzi wou nie meer oor die voorvalle onthul nie.

Meer oor:  Phoenix-Polisiekantoor  |  Durban  |  Bom  |  Ploftoestel  |  Bomdreigement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.