Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dwaalkoeël tref Pta-leerling in klaskamer

’n Gr. 10-leerling van die Fusion Secondary School in Lotus Gardens, Pretoria, is in die hospitaal nadat ’n dwaalkoeël haar by die skool getref het.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê die voorval het Dinsdag in pouse tussen 12:00 en 12:45 gebeur.

Daar is glo buite die skoolterrein geskiet en geen wapen is op die terrein afgevuur nie. Geen leerling van die skool was ook in die voorval betrokke nie.

“Die dwaalkoeël het uit die rigting van die straat gekom, deur die klaskamer se venster getrek en die leerling in die rug getref. Sy is deur ’n vriend na die administrasieblok vergesel om die besering aan te meld. Die skoolhoof het die leerling in die siekekamer besoek om te bepaal wat gebeur het,” sê Mabona.

’n Ambulans is ontbied en die leerling is na ’n hospitaal geneem. Mabona kon nie Donderdag bevestig wat haar toestand is nie.

Die Educators Union of South Africa (Eusa) het gevra dat die skool tydelik gesluit word totdat die onderwysers en leerlinge berading gekry het.

Mabona het nie geantwoord op ’n vraag of die skool wel gesluit is nie, maar het gesê beamptes van die departement is gestuur om die skoolgemeenskap en die leerling se gesin te ondersteun.

“Ons veroordeel die sinnelose en gewelddadige optrede wat ons leerlinge se veiligheid in die skoolomgewing en hul onderrig in gedrang bring ten sterkste,” sê hy.

Die polisie het nie Donderdag op navrae reageer nie, maar volgens Mabona word die voorval ondersoek.

Meer oor:  Pretoria  |  Skool  |  Leerling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.