Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dwaalkoeël tref vrou in kop, sy oorleef
Jean-Pierre le Roux (38) en Kariena van der Westhuizen (35) van Malvern, Johannesburg. ’n Koeël het haar Dinsdagaand in die kop getref. Foto: Verskaf

“Ek kan getuig dat God getrou is aan Sy Woord. En Hy gaan vir Juandré (Victor) heeltemal gesond maak, want kyk net hoe het Hy my skoondogter beskerm.”

Só sê Annelene Visser, die ma van Jean-Pierre le Roux (38) wie se verloofde, Karina van der Westhuizen (35), Dinsdagaand in haar slaap deur ’n dwaalkoeël in hul huis in Malvern, Johannesburg, getref is.

Sy is Donderdagmiddag met slegs ’n paar steke ontslaan en die skandering wys daar is geen skade nie.

Hulle vermoed daar was ’n kaping in die gebied.

Kapt. Johan Jordaan, polisiewoordvoerder van die Cleveland-polisiekantoor, het die voorval bevestig.

“ ’n Klag van poging tot moord is aanhangig gemaak en die voorval word ondersoek.”

Hy sê tot dusver het hulle geen inligting van ’n kaping nie.

Visser, wat op Munster aan die suidkus woon en oorspronklik van Bloemfontein kom, sê die koeël het nooit haar “skoondogter”, soos sy na haar verwys, se skedel binnegedring nie.

“As daardie koeël deur die venster gekom het, het dit haar dood beteken.”

Hulle glo ook die pienk materiaal in die plafon was Van der Westhuizen se redding omdat dit moontlik as buffer kon dien.

Jeandré Victor (2).Foto: Verskaf

“Vir ’n ma was dit die skok van alle skokke. Ek kan nie ophou dankie sê dat God my kind vir my teruggegee het nie.”

Visser is op dieselfde gebedsgroep as die een wat geskep is ter ondersteuning van Jeandré Victor (2), die Bloemfonteinse seun wie se hart skielik gaan staan het. Ook hy het wonderbaarlik oorleef en word in die Mediclinic Bloemfontein se waakeenheid behandel.

Daar word onverpoos vir hom gebid omdat hy nog vir minstens ses weke in die waakeenheid sal moet deurbring.

Esmé van der Walt, Visser se suster, het haar op die groep geplaas. Hulle is van skooltyd af goeie vriendinne met Maryna Victor, Jeandré se ouma.

“ ’n Mens bid, maak nie saak of jy ken of nie ken nie.

“Jy hoor al die dinge, maar jy kan dit nie glo as dit self met jou gebeur nie.”

Sy sê hulle moet aanhou bid vir Jeandré. Hy het die naweek met fisioterapie begin en hy knip nou meer gereeld sy oë,” het Bianca, sy ma, vroeër vandeesweek gesê.

“Kyk hoeveel vordering is daar reeds. Ons moet almal aanhou hande vashou en dankie sê vir wat God vir ons almal gee,” sê Visser.

Meer oor:  Johannesburg  |  Oorleef  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.