Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dwelms in asblik in Plet-kitskoswinkel versteek
Van die dwelms wat gevind is.

’n Kitskoswinkeleienaar in Plettenbergbaai is in hegtenis geneem nadat die polisie onder meer tik en Mandraxtablette gekry het wat in ’n vullisdrom op die perseel versteek is.

Lede van die polisie se eenheid vir sigbare polisiëring het Dinsdag inligting oor beweerde verdagte bedrywighede by die winkel in Kwanokuthula opgevolg.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die perseel is deursoek en die polisie het 76 g kokaïen, 13 sakkies tik en tien Mandraxtablette in ’n asblik agter ’n toonbank gekry.

Die winkeleienaar was tydens die soektog teenwoordig en is toe in hegtenis geneem.

Op pad terug na die polisiekantoor het polisielede ’n verdagte man in die straat sien loop. Die polisie het hom genader en deursoek en 60 sakkies tik by hom gekry. Die man is ook in hegtenis geneem en na die polisiekantoor in Kwanokuthula geneem.

Albei mans is buitelanders, volgens ’n verklaring en onderskeidelik 43 (winkeleienaar) en 41 jaar oud. Hulle word van dwelmhandel aangekla.

Die dwelms sou vermoedelik in die plaaslike gebied versprei word. Die dwelms se waarde is sowat R22 000.

Genl.maj. Oswald Reddy, bevelvoerder van die polisie in Eden, sê soortgelyke optrede word in die toekoms beplan om te verhoed dat dwelms in gemeenskappe versprei word.

Meer oor:  Kwanokuthula  |  Dwelms Gevind  |  Dwelms  |  Plet-Kitskoswinkel  |  Tik  |  Kitskoswinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.