Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dwelms van miljoene rande in Kaapstad onderskep

’n Versending dagga ter waarde van meer as R2 miljoen, asook heroïen ter waarde van sowat R60 000, is Maandag in Kaapstad deur die polisie onderskep.

Toe ’n man van ’n stoorplek in Kaapstad af wegry, het ondersoekers van die Valke hom op heterdaad betrap, sê die Valke in ’n verklaring.

Die span beamptes het inligting ontvang oor die besending dwelms by die stoorplek. Terwyl hulle daar was, is ’n verdagte opgemerk wat drie bokse in sy voertuig gelaai het.

“Sy voertuig is deurgesoek en saamgeperste dagga is in die drie bokse gevind. Dit het daartoe gelei dat die span die stooreenheid ook deurgesoek het, waar nog 14 bale sowel as 18 streepsakke met saamgeperste dagga ter waarde van ongeveer R2 miljoen gevind is.

Die bokse, bale en sakkies dwelms wat gevind is. Foto: Verskaf

“Die verdagte is in hegtenis geneem. Die span het hom ondervra en daarna kon hulle ’n tweede verdagte by ’n nabygeleë vulstasie voorkeer. Die tweede verdagte se voertuig is ook deurgesoek, en heroïen ter waarde van R60 000 is daarin ontdek.

“Daar is beslag gelê op die dwelms sowel as die twee verdagtes se voertuie vir verdere ondersoek,” lui die verklaring.

Die twee verdagtes, van onderskeidelik 44 en 41, sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Philippi verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

Meer oor:  Kaapstad  |  Dwelms  |  Miljoene Rande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.