Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dwelms van R100 000 in huis in Swellendam gekry
Van die kontant en dwelms wat in Swellendam gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie het Maandag beslag gelê op dwelms ter waarde van R100 000 in ’n huis in Swellendam.

Lede van die misdaadvoorkomingseenheid was besig met ’n klopjag op ’n huis in Aandblomstraat toe hulle die dwelms in die slaap- en badkamer gevind het, lui ’n verklaring.

Kontant wat op verskillende plekke in die huis versteek was, is ook gevind. Beslag is gelê op 143 g kokaïen en 202 g tik. Twee persone van onderskeidelik 29 en 37 jaar oud is in hegtenis geneem.

Hulle sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van die onwettige handel in dwelms.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het die polisielede geloof vir hul optrede. Die polisie waarsku dat soortgelyke optrede deurlopend sal plaasvind.

Meer oor:  Swellendam  |  Polisie  |  Vonds  |  Misdaad  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.