Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Honde snuffel dwelms oral uit

Dwelmsmouse in Kaapstad dink hulle is uitgeslape, maar hulle is nie slim genoeg om te weet die Kaapstadse metropolisie se honde-eenheid weet presies hoe om dwelms uit te snuffel nie.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê in ’n verklaring dié honde-eenheid het in die laaste 14 maande 15 330 eenhede van ’n verskeidenheid dwelms opgespoor.

Een van die planne wat die dwelmsmouse maak, is om die dwelms in ’n verlate veld of in die stormwaterdreine van sypaadjies te versteek. Die honde snuffel dit uit, maar daar kan geen inhegtenisnemings wees nie omdat dit nie op iemand se eiendom of aan hulle as persoon gekry is nie.

Alles is egter nie verlore nie, want dit beteken die dwelms is uit die dwelmhandel verwyder.

“Ons het ’n paar ander maniere ontdek van dwelmsmouse wat dwelms op allerlei maniere probeer versteek, maar hulle besef egter nie dat die honde dit steeds kan uitsnuffel nie,” sê Smith.

’n Hondehanteerder en een van die spesiaal opgeleide honde van die Kaapse metro se honde-eenheid toon hul staal in ’n vertoning aan leerlinge. Foto: Verskaf

Met die hulp van die opgeleide dwelmhonde is daar ’n paar dae gelede kokaïen ter waarde van R50 000 opgespoor wat in ’n motor se paneelkissie versteek is.

Dwelmsmouse probeer ook die honde se reuksintuig beduiwel deur hul dwelms in houers te plaas en dit dan met swartpeper of chemikalieë te probeer verdoesel. Die dwelmsmouse probeer ook die dwelms in bome versteek, omdat hulle dink die honde kan nie daarby uitkom nie.

In een geval in Lavender Hill het die dwelmsmouse selfs houers vol dwelms in ’n drein versteek en boonop honde-ontlasting bo-oor gegooi.

Smith sê die honde is egter opgelei om te fokus op sekere reuke en hulle skakel dan alle ander reuke uit wanneer hulle help om dwelms uit te snuffel.

Die metropolisie se honde-eenheid het 22 honde, waarvan 12 opgelei is om dwelms uit te snuffel, nog ses is opgelei om plofstof te kan opspoor en vier is opgelei om die reuk van vermiste mense te kan naspoor.

Smith sê in die tydperk van 1 Julie verlede jaar tot 30 September vanjaar het die honde-eenheid gehelp met die inhegtenisneming van 265 verdagtes, waarvan 70% van die gevalle met dwelms verband gehou het. Van die 15 330 eenhede dwelms was die oorgrote meerderheid Mandrax.

Die eenheid het ook gehelp om sewe vuurwapens en 52 patrone op te spoor.

Met die padversperrings wat tydens die Covid-19-inperkings gedoen is, is die honde gebruik om deur voertuie te snuffel, wat die risiko verminder het dat hul hanteerders dit fisiek moes doen en dalk so blootgestel kon word aan die virus.

Meer oor:  Jp Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.