Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dwelmsmouse loop hulle vas

Dwelmsmouse in die Wes-Kaap is nog ’n groot slag toegedien toe die polisie en die Valke dwelms van meer as R8 miljoen in Somerset-Wes in beslag geneem het.

Twee mans (60 en 27) is in hegtenis geneem. Kapt. Philani Nkwalase, die Valke se woordvoerder, het gesê die mans is aangekeer terwyl hulle besig was om tik en Mandrax-tablette af te laai om geberg te word.

Die polisie het op die dwelms en ’n masjien waarmee banknote getel kan word, by ’n bergplek in Somerset-Wes afgekom. Foto: SAPD

Die dwelms is in die mans se voertuig en in die bergingseenheid gevind. Die polisie het ook afgekom op twee ivoortande en ’n masjien waarmee banknote getel kan word.

Twee ivoortande is ook gevind. Foto: SAPD

Die speurders is daarna na die mans se huis in Wetton, naby Lansdowne in Kaapstad.

Die polisie het op die dwelms en ’n masjien wat banknote tel by ’n bergplek in Somerset-Wes afgekom. Foto: SAPD

By die huis het hulle op nog dwelms met ’n waarde van R810 000, ’n onbekende bedrag geld en nog ’n voertuig beslag gelê. Die mans sal Maandag in die landdroshof in Somerset-Wes op aanklagte van dwelmhandel verskyn.

Twee weke gelede is dwelms ook by ’n ander bergplek in Somerset-Wes gekry. Vyf mense is in verband met dié dwelmvonds in hegtenis geneem.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Somerset-Wes  |  Valke  |  Beslaglegging  |  Dwelms  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.