Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dylan (16) ná rooftog op hoewe geopereer

’n 16-jarige seun is nog in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat rowers ’n gesin op ’n kleinhoewe op die plaas Elandsdrift naby Muldersdrift oorval het.

Die rowers het Dylan Venter en sy pa Johan Venter (46) geskiet.

“Dylan is nog in ’n ernstige toestand en sal vandag geopereer word nadat hy in die rug geskiet is,” sê ’n lid van ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy wat anoniem wil bly. Daar is voorheen berig dat Dylan en sy pa albei in die bors geskiet is. Volgens die veiligheidswag is Dylan in die rug geskiet en sy pa in die bors toe rowers Dinsdagoggend omstreeks 03:30 die agterdeur van die gesin se huurhuis op die kleinhoewe oopgebreek het. “Dylan se ma, Lindi, (45) is ook in die hospitaal opgeneem nadat een van die gesin se pitbull-honde haar per ongeluk tydens die voorval gebyt het,” sê die wag.

Die pa en seun het wakker geword van ’n geraas by die agterdeur. Hulle het opgestaan en wou keer dat die rowers die huis plunder. Albei is geskiet voordat die rowers met ’n TV op die vlug geslaan het.

“Dit is in die stadium nog onduidelik hoeveel rowers by die voorval betrokke was. Dit kan moontlik twee of drie wees, maar ons is nie heeltemal seker nie,” sê die wag.

’n Teerpad is naby die kleinhoewe geleë en die rowers het vermoedelik in ’n voertuig gespring en toe van die toneel weggejaag.

Volgens konst. Slindile Ntuli, polisiewoordvoerder in Muldersdrift, is al drie lede van die gesin Dinsdag na die hospitaal geneem. “Sake van gewapende roof en poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” sê Ntuli.

“Die slagoffers moet nog voldoende herstel voordat volledige verklarings by hul geneem kan word oor presies wat gebeur het,” het die ondersoekbeampte, insp. Rupert van Zyl, by navraag aan Netwerk24 gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 skakel.

Meer oor:  Muldersdrift  |  Rowers  |  Skietery  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.