Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Een van 2 vas wat maatskappy glo in wag-uniform beroof

Een van twee mans wat glo die Hollywoodbets-maatskappy in Port Elizabeth beroof het terwyl hulle in die uniforms van ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy geklee was, is in hegtenis geneem.

Twee mans in ADT-uniforms het gedurende die rooftog op 1 April by die maatskappy in Suid-Einde opgedaag en beweer hulle reageer op ’n paniekknoppiealarm. Hoewel die personeel in die gebou gesê het daar is geen noodgeval nie, het die twee mans daarop aangedring om self ondersoek in te stel.

In die gebou het die twee mans wapens uitgepluk en geld geëis. Die bestuurder was juis besig om geld te tel. Die twee mans het ’n onbekende bedrag geld gevat en daarmee gevlug.

Kapt. John Rheeder, polisiewoordvoerder, sê gedurende die polisie se ondersoek het ’n veiligheidsmaatskappy die polisie in hul ondersoek gehelp deur een van die twee rowers te identifiseer.

Teen Dinsdag het ’n 33-jarige man homself in die teenwoordigheid van sy prokureur in verband met die rooftog by die Bethelsdorp-polisiekantoor oorgegee.

Ryan Britz, Fidelity ADT-takbestuurder in Port Elizabeth, sê in reaksie hierop hulle is bewus daarvan dat ’n voormalige werknemer hom moontlik aan die polisie oorgegee het.

“In dié stadium het ons nie verdere inligting nie en sal ons die polisie in hul ondersoek bystaan, soos nodig.”

Rheeder sê verdere inhegtenisnemings kan moontlik binnekort volg.

Meer oor:  Adt  |  Kapt. John Rheeder  |  Ryan Britz  |  Port Elizabeth  |  Maatskappy  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.