Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Eers word kat verbrand, toe word hond geslag

Waarskuwing: Foto's kan sensitiewe lesers ontstel.

’n Man van Thembalethu in George wat glo honde slag en eet, is in hegtenis nadat hy Sondag na bewering ’n teef met kleintjies doodgemaak en geslag het.

Ooggetuies wat glo die voorval omstreeks 18:30 aanskou het, beweer dat dit nie die eerste hond is wat so doodgemaak is nie, en dat die man graag hondevleis eet.

Die teef se kleintjies is na die Garden Route-dierebeskermingsvereniging (DBV) in George geneem wat ’n klag van dieremishandeling by die polisie aanhangig gemaak is. Die man sal binnekort in die hof verskyn.

Dit was maar een van drie ernstige voorvalle van wreedheid teenoor diere in net 24 uur, en die DBV het sy kommer uitgespreek oor dié wreedhede teenoor diere so kort op mekaar.

Vroeër Sondag is Vanessa Lucas, ’n plaaslike DBV-beampte, ontbied na Lawaaikamp in George oor ’n klagte dat ’n buurman iemand se kat met ’n baksteen probeer doodslaan.

Volgens ooggetuies het hy glo die kat met ’n baksteen oor die kop geslaan. Die katjie was bewegingloos met die DBV se aankoms en moes van kant gemaak word.

Lucas is ook Maandag omstreeks 19:00 weer na ’n huis in Thembalethu ontbied oor ’n kat wat ernstige brandwonde opgedoen het.

Al die kat se hare is geskroei en die eienaar beweer dat hulle nie weet hoe dit gebeur het nie. Die katjie, Tullula, is na die DBV geneem en sterk tans aan nadat sy behandeling ontvang het.

Volgens die DBV is hy bekommerd oor hierdie wrede voorvalle wat so kort ná mekaar gebeur het.

Die DBV ontvang geen staatshulp nie en is afhanklik van skenkings van die publiek om beseerde, verlate of verwaarloosde diere te help.

*Vir meer inligting oor diere wat by die DBV aangeneem kan word, besoek https://www.facebook.com/GRSPCA/, skakel 044 878 1990 of besoek die DBV by Ossie Urbanweg in George se nywerheidsgebied.

Tullula nadat sy mediese behandeling ontvang het. Foto: Garden Route Dierebeskermingsvereniging
Van die wonde wat Tullula opgedoen het, maar haar eienaars weet nie hoe dit gebeur het nie. Foto: Garden Route Dierebeskermingsvereniging

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.