Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Eerste verdagte vas vir Rafferty-moorde
Glen en Vida Rafferty is by hul plaashuis ingewag en doodgeskiet.

Die polisie het ’n deurbraak in die ondersoek na die Rafferty-moorde by Normandien, Newcastle in KwaZulu-Natal, gemaak.

Die deurbraak het gevolg nadat ’n verdagte vir ’n ander misdaad aangekeer en sy motor op ’n kamerastelsel geëien is.

Roland Collyer, ’n familielid van die egpaar en voorsitter van die plaaslike boerevereniging, sê die man se voertuig is danksy die veiligheidskameras in die gebied met die moorde op Glen (63) en Vida (60) Rafferty verbind.

Die man het volgens sy bekentenis gehelp om die aanvallers na die moordtoneel te vervoer. Hy gaan moontlik nou vir die staat getuig.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het Sondag bevestig dat ’n man in die Osizweni-township by Newcastle in hegtenis geneem is en ’n bekentenis voor ’n landdros gedoen het.

Die man was aanvanklik ’n verdagte in ’n ander ondersoek.

Die 29-jarige man verskyn Maandag in die hof op Newcastle op twee aanklagte van moord.

Intussen het ’n groot groep mense weer Saterdag in Newcastle byeengekom toe die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, met boere vergader het oor die veiligheidsituasie in die provinsie.

In die naburige Ladismith het die gemeenskap Saterdag ’n protesoptog teen misdaad gehou.

Die DA se woordvoerder vir landbousake in die provinsie, Chris Pappas, het Zikalala se besoek verwelkom en gesê dit staan in kontras met die ontkennende houding van pres. Cyril Ramaphosa.

Ook Bheki Cele, minister van polisie, besoek Maandag die gebied.

’n Boer van die Kokstad-omgewing, Sefolokolo Makatise (48), is Woensdag in sy huis vermoor toe sy moordenaars sy vee geroof en die huis met sy lyk aan die brand gesteek het.

’n Bejaarde boer, Kurt Schroeders (77), het Saterdagoggend ’n aanval vrygespring toe hy nie uit sy huis wou kom om met mans te praat wat gesê het hulle wil beeste koop nie.

Die gewapende mans het ’n plaaswerker gedreig en toe van die plaas weggejaag.

Dié voorval, by Hattingspruit, is 50 km vanwaar die Rafferty’s op 29 Augustus by hul huis ingewag en doodgeskiet is.


Meer oor:  Glen Rafferty  |  Normandien  |  Newcastle  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.