Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
EFF eis polisie-optrede oor mishandeling van huiswerkers
Faranaaz Gaffoor van die EFF oorhandig ’n memorandum aan die polisie.Foto: Verskaf

Die EFF eis dat die polisie in Athlone, Kaapstad, hul werk behoorlik doen en die regte van huiswerkers beskerm.

Lede van die party het Dinsdag voor die Athlone-polisiekantoor betoog teen die wyse waarop die polisie die mishandeling van huiswerkers hanteer.

Die EFF het vroeër vandeesmaand ingegryp waar ’n 60-jarige huiswerker glo teen haar sin by ’n huis in Rylands aangehou is. Sy is glo maande lank mishandel en moes sonder betaling werk.

Lydia Gwele was sedert April 2019 in diens van die gesin en is glo nie toegelaat om die eiendom te verlaat nie.

Die EFF-lede eis dat die huiseienaars in hegtenis geneem en aangekla word.

Faranaaz Gaffoor, voorsitter van die EFF-tak in wyk 46, sê die polisie neem nie dié soort misdaad, wat toenemend in Rylands voorkom, ernstig op nie.

“Wat in hierdie gemeenskap gebeur, kan nie toegelaat word nie. Die huiseienaars, waarvan die meeste van Indiese herkoms is, dink hulle is bo die wette van ons land verhewe. Hulle moet toegesluit word. Hulle moet weet wat hulle doen met die mense wat vir hulle werk, is net so erg soos mensehandel. Dis pateties om mense so sleg te behandel,” sê Gaffoor.

Die EFF sê die polisie moet verduidelik waarom niemand al in hegtenis geneem is in verband met die saak nie, en hoekom hulle so traag is om teen gesinsgeweld op te tree.

Gaffoor sê in Gwele se geval het haar familie opgedaag om te help, maar het die huiseienaars hulle ingelig dat die polisie haar reeds vroeër weggeneem het.

Die EFF sê die polisie het ingetree en het twee hekke oopgedwing voordat die eienaars oopgemaak en die huiswerker uitgehardloop het.

Gwele se neef, Simphiwe Dukiso, sê sy woon nou by hom in Montclair en dit gaan beter met haar.

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van ontvoering en aanranding.

“Niemand is al in hegtenis geneem nie,” sê kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

EFF-lede betoog Dinsdag met plakkate by die polisiekantoor in Athlone. Foto: Verskaf
Die EFF sê die polisie doen niks om huiswerkers te beskerm nie. Foto: Verskaf

Meer oor:  Athlone  |  Huiswerkers  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.