Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
EFF-lid tuis doodgeskiet
Xolani Jack, ’n lid van die EFF se Wes-Kaapse kantoor, is Saterdag in Thembani, Khayelitsha deur ’n onbekende aanvaller in sy woonstel doodgeskiet. Foto: Twitter

’n Lid van die EFF wat in hul provinsiale kantore in die Wes-Kaapse wetgewer werk, is Sondagoggend omstreeks 03:30 by sy woonplek in Thembani, Khayelitsha, deur ’n onbekende man doodgeskiet.

’n Polisiewoordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana, het Sondag gesê ’n onbekende man geklee in swart klere het omstreeks 03:30 die deur van die woonstel in Thembani waar Xolani Jack woon, afgeskop. Die man het toe verskeie kere met ’n vuurwapen op Jack geskiet.

Jack het volgens Rwexana op die toneel aan die skietwonde beswyk.

Daar is Sondag op sosiale media berig dat Jack sowat 14 keer raakgeskiet is.

Banzi Dambuza, die EFF se sekretaris in die Kaapse metro, het in ’n verklaring gesê dat Jack die takvoorsitter van die EFF in Wyk 90, Khayelitsha was.

“Dit is vir ons hartseer om te moet sê dat ’n vegter, Xolani Jack, wreed in sy huis vermoor is,” het Dambuza gesê.

Rwexana het gesê dat die polisie ’n beroep doen op enigeen in die gemeenskap wat inligting oor die voorval het om dit met die polisie by die Stop Misdaadnommer by

086 001 0111 aan te meld.

Die ondersoek gaan voort, niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Skietaanval  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.