Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
EFF sê boer laat werkers klippe kap, tronkklere dra

Die EFF beweer plaaswerkers by Deneysville word deur ’n boer gestraf deur hulle na ’n soort “Robbeneiland” op die plaas te stuur waar hulle moet klippe kap en selfs ou tronkklere moet dra.

Brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, sê die boer en sy plaasvoorman word nie self aangekla nie, maar ses beamptes van Basopa Sekuriteit wel. Hulle word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering en intimidasie.

Die ses, Christopher Mbatha (29), Richard Monyaka (48),Thomas Mpambi (49), Constacia Masehla (30), Miklas Mpete (29) en Hlamulo Tibane (50), het Donderdag in die hof in Sasolburg verskyn.

Die verhoor is tot 10 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.

Hy sê die werkers mag nie foute maak nie en word gestraf deur na ’n plek op die plaas geneem te word wat as Robbeneiland bekend staan.
Bosanku Msimanga, die Vrystaatse sekretaris van die EFF.

Bosanku Msimanga, die Vrystaatse sekretaris van die EFF, sê hy gaan die boer en sy voorman na die gelykheidshof neem omdat hulle die opdragte aan die veiligheidsbeamptes gegee het om die plaaswerkers te mishandel.

Hy sê die werkers mag nie foute maak nie en word gestraf deur na ’n plek op die plaas geneem te word wat as Robbeneiland bekend staan.

Hier moet hulle dan, net soos politieke gevangenes van ouds, klippe kap. Volgens Msimanga moet die werkers ook die klippe saam met hulle dra as hulle eet of water drink.

Hy sê die EFF het daarop aangedring dat ’n ander ondersoekbeampte aangestel word, omdat die eerste polisielid nie die voorval behoorlik ondersoek het nie.

Msimanga sê die klagte is reeds op 17 Desember ingedien.

Hy sê ook die boer het voorheen werkers wat hy mishandel het, omgekoop om nie klagte in te dien nie.

Die EFF moes volgens hom die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, vra om in te gryp omdat die polisie nie die saak behoorlik wou ondersoek nie.

Die mans, wat reeds vroeër op borgtog van R1 000 elk vrygelaat is, se borgtog is Donderdag verleng.

Meer oor:  Eff  |  Deneysville  |  Plaaswerkers  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.