Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
EFF wil klag van poging tot moord teen Dros-man hê

Regstelling:

In 'n vorige weergawe van hierdie berig is verkeerdelik verwys na 'n aanklag van moord. Dit is 'n aanklag van poging tot moord.


Lede van die EFF wil met die provinsiale polisiekommissaris van Gauteng praat na die beweerde verkragting van ’n meisie in die Dros in Silverton, Pretoria.

Nicholas Ninow (20) het verlede Saterdag na bewering die sewe-jarige meisie in die vrouetoilette van die eetplek verkrag.

Lede van die EFF sal Maandag met die provinsiale polisiekommissaris oor die voorval vergader.
Mandisa Mashego, leier van die EFF in Gauteng

’n Groep mans het die toiletdeur, wat gesluit was, afgeskop toe die meisie se ma agterkom sy is weg. Ninow en die meisie was glo in die toilethokkie.

Videomateriaal het sedertdien op sosiale media verskyn wat wys hoe ’n bebloede Ninow kaal in die mansbadkamer aangehou word. Op die video ontken hy dat hy iets verkeerd gedoen het. Hy is in hegtenis geneem en bly in aanhouding.

Mandisa Mashego, leier van die EFF in Gauteng, sê lede van die party sal Maandag met die provinsiale polisiekommissaris oor die voorval vergader. Mashego wou nie sê waaroor hulle op die vergadering gaan praat nie, maar dit gaan vermoedelik daaroor dat die EFF wil hê ’n bykomende aanklag van poging tot moord moet teen Ninow ondersoek word weens die voorval.

Die EFF het vroeër aangedui dat hulle die klag van poging tot moord teen Ninow by die polisie sal indien, maar teen Sondagaand is dit nog nie gedoen nie.

“Die EFF gaan beslis nog ’n klag van poging moord teen Ninow indien.”

Die EFF gaan beslis nog ’n klag van moord teen Ninow indien.

Volgens Mashego het die EFF nie kontak met die meisie se ma nie. Ninow sal Dinsdag in die landdroshof in Pretoria verskyn in verband met die voorval.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die polisie verwag nie enige ontwrigtende optrede by die hof nie.

“Ons sal die situasie dophou. As daar iets gebeur, sal ons onmiddellik versterkings instuur.”

Ninow se verloofde is ses maande swanger met hul eersteling. Sy het ná die Dros-voorval haar Facebook-profiel verwyder.

’n Skoolvriend van Ninow sê die paartjie was lief vir mekaar.

“Die twee is al van hoërskooldae af saam. Hulle sou trou wanneer Nicholas genoeg geld gespaar het om vir die troue te betaal,” sê die skoolvriend.

“Nicholas het nooit sleg gepraat van sy verloofde nie. Hy was lief vir haar en sy vir hom.”

“Ek weet nie hoe dit met hom en sy verloofde gaan nie. Ons het nog nie weer gepraat nie.”

Meer oor:  Dros  |  Nicholas Ninow  |  Moord  |  Eff  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.