Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar aangeval toe hulle na kafee stap

’n Egpaar van Ermelo in Mpumalanga is erg beseer nadat hulle Vrydagaand deur drie onbekende mans aangeval is terwyl hulle na ’n kafee op die dorp gestap het.

Niks is van hulle gesteel nie, hoewel hulle juwele en kontant by hulle gehad het.

Die man (55) en vrou (60) was kort ná 22:00 op pad na ’n kafee 1 km van hul huis af toe ’n wit Golf verby hulle ry. Hulle was nog sowat 500 m weg van die kafee.

Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Die motor het omgedraai en drie mans het daaruit gespring.

Volgens Louis Geldenhuys van die plaaslike buurtwag het die mans die vrou in die motor ingedwing. Haar man het probeer om haar te help, maar is geskiet.

“Met die eerste skoot het hulle hom gemis. Die tweede een het hom op sy been getref,” sê Geldenhuys.

Hy sê die mans het toe met die vrou weggery. Sy is sowat 20 minute later langs ’n grondpad in die township gevind.

“Hulle het haar tone afgekap. Ek weet nie presies hoeveel tone is afgekap nie. Haar kop is ook gekap en haar skedel is gebreek,” sê Geldenhuys.

Hy sê dit is onbekend waarmee sy gekap is, maar dit lyk soos ’n skerp voorwerp. Hulle vermoed dit was ’n byl.

“Sy is erg getraumatiseerd en kon nog nie vir ons sê waarmee sy gekap is nie.”

Volgens Geldenhuys is sy in die Ermelo- provinsiale hospitaal opgeneem en tot Saterdag omstreeks 07:00 geopereer. Haar man is ontslaan.

“Die motief vir die aanval is onbekend. Sy het R400 en juwele by haar gehad. Niks is gesteel nie. So, roof was nie die motief nie,” sê Geldenhuys.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Egpaar  |  Poging Tot Moord  |  Messteek  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.