Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar deur 7 rowers wakker gemaak

’n Egpaar van Walkerville, suid van Johannesburg, is Vrydagoggend in hul bed deur sewe gewapende mans wakker gemaak.

Die egpaar is vasgebind, hul woonstel is leeggedra en drie van hul honde is vergiftig.

Dit was omstreeks 01:30 Vrydag toe die rowers ’n venster gebreek het om toegang te kry tot die woonstel op ’n kleinhoewe in dié gebied waar Patrick Staak (31), sy vrou, Monique (29), en hul twee dogtertjies, onderskeidelik drie en ses jaar oud, geslaap het.

“Drie van die mans het aan die eenkant van die bed gestaan en die ander mans aan die anderkant,” vertel Natasha Staak, die egpaar se skoonsuster, wat in die hoofhuis op dieselfde perseel woon.

Die rowers het die egpaar in die sitkamer laat sit. Hul hande is met kabelbinders vasgebind en die rowers het komberse oor hul kop gegooi.

“Die mans het eers my skoonsuster se ringe van haar vingers afgehaal. Daarna het hulle die hele huis deurgesoek. Hulle het die inhoud van al die kaste uitgegooi op soek na goed wat hulle kon steel,” sê Staak.

Sy sê die rowers het onder meer ’n televisiestel, selfone, ’n skootrekenaar en ’n Xbox-speletjiekonsole gesteel.

Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is onmiddellik ontbied en die polisie het Vrydagoggend omstreeks 05:30 op die toneel opgedaag, sê Staak.

Volgens Staak was die rowers vir sowat 45 minute in die huis bedrywig.

“Een man het in ’n stadium gesê: ‘Moenie iets probeer nie, ons is nog hier.’ ”

Toe die egpaar ná ’n ruk nie meer die rowers kon hoor nie, het hulle die kabelbinders met ’n naelknipper afgesny.

“Hulle het ons omstreeks 02:45 in die hoofhuis kom wakker maak,” sê Staak.

Hulle is nie beseer nie en die twee kinders het deur grootste gedeelte van die voorval geslaap.

Die rowers het ook drie van die gesin se vier honde vergiftig.

Volgens Staak was die hele erf, die honde se kosbakke en die woonstel se stoep besaai met gif.

Sy sê een Franse dashond en twee honde van ’n gemengde ras het gevrek.

“Die vierde hond, ’n Deense hond, het oorleef en is tans by die veearts.”

Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is onmiddellik ontbied en die polisie het Vrydagoggend omstreeks 05:30 op die toneel opgedaag, sê Staak.

Sy sê dit is die eerste keer dat so iets op die kleinhoewe gebeur.

Meer oor:  Rowers  |  Inbraak  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.