Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar in oord naby Paarl aangeval

’n Egpaar wat op die Paardeberg Mountain Retreat woon, is Donderdag in die vroeë oggendure deur ses rowers aangeval.

Konst. Sandiswa Saula, polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie is omstreeks 02:00 na die oord aan Slentweg ontbied, waar die man met messteke in sy bolyf gevind is.

Hy is in die hospitaal opgeneem en sy vrou is ongedeerd.

Saula sê voorlopige inligting van die polisie in die Paarl dui daarop dat ses mans die huis binnegedring en die man met ’n skerp voorwerp aangeval het.

Hulle het glo ’n selfoon en ’n skootrekenaar gesteel en op die vlug geslaan.

Daar word vertroulik verneem dat die slagoffer kopwonde opgedoen en snymerke aan sy hande gehad het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Gerugte dat die huis geen veiligheidstelsels of diefwering het nie, kon nie deur die polisie bevestig word nie.

 

16:16

*Die Wes-Kaapse polisie het Donderdag gesê dat 'n man (54) beseer is toe vyf mans by ‘n huis op die Paardeberg Mountain Retreat ingebreek het. Die voorval het omstreeks 01:20 plaasgevind. Volgens inligting het twee mans toegang tot die vertrek waar die man geslaap het, gekry. Die man is glo aangerand en het hoofbeserings opgedoen. 'n Selfoon is gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Paarl  |  Aangeval  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.