Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar op wildplaas in Alicedale-omgewing aangeval

’n Egpaar is Woensdagaand op hul wildplaas tussen Alicedale en Paterson in die Oos-Kaap aangeval.

Andri (49) en Erica (48) Fox, ’n afgetrede polisielid, is om 19:50 deur vyf gewapende mans oorval terwyl hulle aandete geëet het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê twee van die aanvallers het vuurwapens gehad en drie van hulle messe.

Andri is vasgebind, terwyl Erica gedwing is om die kluis oop te sluit.

Ek dink almal van ons leef asof so iets nooit met ons sal gebeur nie, dat dit net met ander gebeur en dat jy gereed gaan wees sou jy wel aangeval word.

Volgens die polisie het die rowers $1 000 gesteel.

Luidens ’n verklaring van Piet Mey, VF Plus-LP en provinsiale leier, het hulle ook haelgewere, ’n 9 mm-pistool, ’n .38-rewolwer, juweliersware en kontant gebuit.

’n Amerikaanse toeris wat op die plaas tuisgegaan het, het op die gewapende rooftog afgekom en uit vrees weggehardloop. Die 37-jarige man is later die aand op ’n nabygeleë wildplaas gekry.

Erica sê op Facebook hulle is aangeval in hul huis, wat veronderstel is om ’n veilige hawe te wees. Sy sê dit is danksy God se genade dat hulle ongedeerd is en dat hulle kalm kon bly en vir die diewe gegee het wat hulle wou hê.

“Dit het nie langer as 15 minute geduur nie. Ek dink almal van ons leef asof so iets nooit met ons sal gebeur nie, dat dit net met ander gebeur en dat jy gereed gaan wees sou jy wel aangeval word.

“Ongelukkig is die lewe onvoorspelbaar. Geen vuurwapen sou ons kon help of die aanval verhoed het nie, want dit was twee teen vyf wat gewapen was met gewere en groot messe.”

Erica sê dit kon veel erger gewees het en dat hulle nou hul sekuriteitsmaatreëls gaan opskerp.

’n Bron het vroeër aan Netwerk24 gesê die rowers het glo presies geweet waarna hulle op soek is.

Mey het in die verklaring ’n beroep op die ANC-regering gedoen om sy grondwetlike plig na te kom en landelike gemeenskappe te beskerm.

“Suid-Afrika se landbougemeenskap voer reeds ’n wesenlike stryd om oorlewing teen die elemente. Daar kan nie van hulle verwag word om boonop ’n oorlewingstryd teen misdaad te voer nie,” sê Mey.

Meer oor:  Andri Fox  |  Alicedale  |  Aanval  |  Wildsplaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.