Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar se seun vas ná aanval op hulle

’n Egpaar van Centurion se eie kind is in hegtenis geneem in verband met ’n wreedaardige aanval op hulle.

Ruan van Heerden Foto: Facebook

Net ure nadat Barnie (56) en Magda van Heerden (51) Vrydag erg beseer is in ’n aanval met ’n gholfstok en messe, het die polisie hul enigste seun, Ruan (18) aangekeer.

Hy was in ’n Uber-taxi in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap toe hulle hom gekry het.

Stiaan Bekker, Barnie se sakevennoot by die Veritas-Eksekuteurskamers in Centurion, sê die egpaar het nog geslaap toe hulle Vrydag aangeval is.

“Ek het Vrydagaand met Barnie gepraat. Hy het vertel dat hy wakker geword het toe hy aangeval is. Hy het teruggeveg en sy arm is in die skermutseling gebreek.”

Hul huiswerker, Luzette Brouwer, het alarm gemaak nadat sy Vrydagoggend ná 01:00 gille gehoor het. Sy het veiligheidswagte van die omgewing ontbied, wat toe die polisie gebel het.

Bekker sê Ruan is in Desember uit ’n dwelmrehabilitasiesentrum in De Aar in die Noord-Kaap ontslaan. “Ruan was meer as ’n jaar lank by die sentrum voordat hy in Desember na sy ouerhuis teruggekeer het,” sê Bekker.

Die Van Heerdens se huis. Foto: Deon Raath

Hy was voorheen ’n leerling by Rietvlei-Akademie, ’n private Christelike skool in Pretoria-Oos vir kinders met leerprobleme.

Volgens die polisie het twee verdagtes kort ná die aanval in Barnie se voertuig gevlug, maar dié motor is ’n paar uur later in die Tembisa-nedersetting aan die Oos-Rand opgespoor.

Die polisie soek na ’n vrou wat vermoedelik saam met Ruan was. Volgens Bekker weet Barnie nie wie sy is nie.

Twee mans, waarvan die een vermoedelik die Uber-bestuurder is, op ’n teerpad in die Oos-Kaap nadat die polisie op hulle toegeslaan het.

Bekker sê Barnie se arm is in die hospitaal geheg.

Magda se toestand is stabiel en sy is steeds in die intensiewesorg-eenheid van die Milpark-hospitaal, waarheen sy per noodhelikopter gebring is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.