Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar sterk aan ná wrede aanval in Sasolburg

Die Loots-egpaar wat Dinsdagaand in hul huis in Sasolburg deur ’n werknemer geskop, aangeval en van R70 000 beroof is, sterk aan in die Mediclinic Emfuleni in Vanderbijlpark.

Hannes Loots, die egpaar se kleinseun, sê hulle is baie erg aangerand.

Hannes (72) en Rina Loots (73) is Woensdag na ’n gewone saal oorgeplaas, maar word vir waarneming in die hospitaal gehou.

“Hulle het baie seergekry. My oupa het probleme met sy hart en longe nadat die man hom aanhoudend hard in sy gesig en op sy lyf geskop het.”

Hannes (72) en Rina Loots (73). Foto: Verskaf

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê die egpaar is Dinsdag omstreeks 18:00 aangeval.

Loots sê die werknemer is steeds in sy oupa se diens, maar hy het nie Maandag of Dinsdag vir werk opgedaag nie. Die man se pa werk ook vir die Loots-gesin.

“Dit lyk asof hy Dinsdag die heeldag weggekruip het in die woonwa wat by die huis staan.

“Ons het ’n klomp sigaretstompies en blikkies gom in die woonwa gekry,” sê Loots.

Voordat hulle aangeval is, het sy grootouers pas by die huis gekom nadat hulle by die winkel was.

Rina het gesien dat die hek by die huis op ’n skrefie oopgestaan het en dit onder haar man se aandag gebring.

Hy het gaan kyk en gesien die alarmstelsel is nog aan.

Daarna het hy die motor in die motorhuis getrek en die inkopies by die huis ingedra.

Dit is toe dat die werknemer glo met ’n braaivurk by die woonwa uitgebars en die egpaar oorval het.

Die man het Rina aangeval en Hannes het tussenbeide getree om sy vrou te beskerm.

Hy is toe aangeval en op die vloer neergegooi waarna hy glo herhaaldelik geskop is.

Die aanvaller het Rina aan haar hare by die huis uitgesleep en met die braaivurk begin steek. Sy is deur haar hand gesteek toe sy probeer het om die houe te keer.

Terwyl die aanvaller besig was om Rina te verwurg kon Hannes, wat heup- en knieprobleme ondervind, nader kruip en het die aanvaller se bene onder hom uitgeruk. Hy het die braaivurk, wat in die gespartel geval het, gegryp en weggegooi.

“My oupa is sterk en ek vermoed die aanvaller het geskrik en weggehardloop,” sê Loots.

Die man is eers terug na die kombuis waar hy die kamerasak met die kontant en ’n selfoon gegryp het.

Hy het oor die bure se muur gevlug.

My oupa is sterk en ek vermoed die aanvaller het geskrik en weggehardloop.

’n Buurman het die struweling gehoor en die egpaar se seun Kobus Loots gebel. Hy het soontoe gejaag en die polisie ontbied.

Die gesin het toestemming gegee dat Netwerk24 die foto’s plaas van die egpaar nadat hulle aangeval is.

“Ons wil hê mense moet besef hoe erg die sinnelose aanvalle is.”

Die verdagte is nog nie vasgetrek nie. Enigeen met inligting kan kapt. Jan Opperman by 084 409 7003 kontak.

Meer oor:  Aanval  |  Sasolburg  |  Hannes Loots
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.